DIE ELLENDIGSTE OORTREDER
God se Woord VARS vir jou Vandag - Un pódcast de Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Categorías:
Send us a text1 Johannes 2:2 Hy is die versoening vir ons sondes: en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.Hier’s vir jou ‘n hipotetiese vraag. Wat gebeur as ‘n moordenaar, wat op teregstelling wag, op die nippertjie besef dat hy gesondig het, en na Jesus uitroep. Onthou nou, hy is ‘n moordenaar. Die vraag is: gaan hy hemel toe, of nie?As dit jóú besluit was, watter standaard sou jy stel vir toegang tot die hemel? Absolute volmaaktheid, ‘n uitstaande lewe, of ...