Geseënd is die Mens wat in Versoeking Standvastig Is

God se Woord VARS vir jou Vandag - Un pódcast de Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us a text Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. Versoeking is tog so ‘n aanloklike ding. Dit is so begeerlik. Ons weet tog as ons daaraan toegee, is dit vernietigend. Maar dit oorval ons alte maklik wanneer ons dit die minste verwag en ons laat ons keer-op-keer daardeur vang. Ja-nee, ons het almal al in daardie slagyster beland...