Selfs die Kleinste Ou Dingetjie

God se Woord VARS vir jou Vandag - Un pódcast de Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us a textSpreuke 19:21 Daar is baie planne in 'n mens se hart maar die raad van die Here –dít kom tot stand.(AFR20)Dit is so irriterend wanneer jy 'n goeie plan het oor hoe jou lewe moet verloop, en op die een of ander manier ontspoor daardie plan heeltemal. Waarom laat God dit toe? Waarmee is Hy besig?Elkeen van ons kan ongetwyfeld terugdink aan 'n oënskynlik nietige besluit, wat die gang van ons lewens verander het.Ek onthou dat ek eendag, toe ek nog net 'n paar maande lank 'n Christen...